Deur Trauma
Die volgende is bydraes gelewer vir die boek ‘DEUR TRAUMA’ waarvan Maretha Maartens die samesteller was. Dit is in 2006 deur LAPA-uitgewers gepubliseer en streng beperkings is geplaas op die aantal woorde per bydrae. Bydraes is aangevra deur middel van spesifieke vrae wat daarin beantwoord moes word. Veranderings is deur die samesteller aangebring en sekere kategorieë is gekombineer. Die finale weergawe kan in die publikasie gevind word. Ek verskaf hier my oorspronklike weergawes.
In die boek het die bydraes uiteindelik onder die volgende titels verskyn:
Kinders van alkoholis-ouers kan heel mense word.
Kinders van niegereabiliteerde, bejaarde alkoholis-ouers.
Huweliksmaats en ouers vra: Is dit mý skuld?
Huweliksmaats en ouers vra: Kan ék heel word?
Wat ware vriende vir gesinne in ‘n afhanklikheidstrauma doen.
My liefling is deur iemand anders se afhanklikheidsversteuring leed aangedoen.
Jy kan van jou chemiese afhanklikheid bevry word.

Comments