top of page
ARTICLES


Slaap Artikel 1
‘Wat is die slaap ‘n wondersoete ding?’ So begin DF Malherbe sy gedig en later volg hy op met: ‘soos maneskyn diep waterkuile raak om daar te droom in silwer skemer...’ Maar hierdie sorgelose vrede bly vir meeste van my pasiënte buite bereik. Tragies. Met die lees van navorsing wat reeds gedoen is oor slaap, is ek opnuut verstom oor die positiewe gevolge van goeie en genoeg slaap, en absoluut geskok oor die nadelige effek van slegte of te min slaap. Dit het my uiteindelik gen
Tjaart van der Walt
Oct 23 min read


Slaap Artikel 2
‘n Nagraadse student by die Chicago Universiteit het in 1952 oogbewegings by slapende kindertjies waargeneem en dit sorgvuldig gedokumenteer. Hy en sy professor het verdere ondersoek ingestel en gevind dat hierdie vinnige oogbewegings ‘n paar keer tydens die verloop van ‘n nag se slaap voorkom. Later is nog ‘n student betrek wat die slapende skones se breingolwe gemeet het. Gedurende die periodes van blitsige oogbewegings was die breingolwe bykans identies aan breingolwe van
Tjaart van der Walt
Oct 12 min read


Slaap Artikel 3
Daar bestaan ‘n uiters seldsame siekte genaamd “dodelike familiële slaaploosheid”. ‘n Oorgeërfde geen tas sekere proteïene in die brein aan wat dele van die talamus aanval. Dié dele is gemoeid met die blok van informasie vanaf die sintuie: ‘n belangrike voorvereiste vir slaap. Ander seine vanaf die brein om die metabolisme, temperatuur, bloeddruk en harttempo te verlaag sodat slaap kan intree, loop ook deur die talamus. Dié boodskappe kan ook nie by die liggaam uitkom nie, me
Tjaart van der Walt
Sep 303 min read


Slaap Artikel 4
Motorvoertuigbestuurders is geneig om agter die stuurwiel aan die slaap te raak nadat hulle 24 uur of langer nie geslaap het nie. Maar bestuurders wat gereeld minder as sewe ure per nag slaap, ervaar oomblikke van slaap, oftewel mikro-slapies, wat tussen een en twee sekondes duur. Gewoonlik is die bestuurder nie eers daarvan bewus nie, maar verloor totale spierbeheer. Twee sekondes is net mooi genoeg om onwetend van baan te verwissel. So gepraat van voertuigongelukke: ‘n inte
Tjaart van der Walt
Sep 292 min read


Slaap Artikel 5
Menige lesers sal kan getuig dat ‘n gesukkel met slaap ‘n al groter probleem word soos wat die lewensjare toeneem. Ons is geneig om te dink dat dit ‘n aanduiding is dat ouer mense minder slaap nodig het as jongmense. Dit is egter nie waar nie. Daar is verskeie redes waarom ouer volwassenes te min slaap inkry. Eerstens is daar heelwat meer onderbrekings gedurende die nag. Een oorsaak is swakker blase wat daartoe lei dat daar veel meer badkamerbesoeke plaasvind en kosbare slaap
Tjaart van der Walt
Sep 283 min read


Slaap Artikel 6
Voordat daar verder gesels word oor probleme en/of interessanthede met betrekking tot slaap, is dit miskien goed om nou eers aandag te skenk aan wenke vir ‘n goeie nagrus. Probeer om nie deur die dag te slaap nie, sodat jy moeg genoeg is om saans ‘n groot uil te knip. Jou bed is nie bedoel vir lees, videospeletjies, werk of televisiekyk nie. Dit is uitsluitlik vir slaap. En seks, indien jy nie die kreatiewe tipe is nie. Jou liggaam en brein moet weer die direkte assosiasie tu
Tjaart van der Walt
Sep 273 min read
bottom of page