top of page
ARTICLES


Porno-skelm
Dit is gewoonlik die man. Miskien omdat mans meer gestimuleer word deur wat hulle sien (vroue meer deur wat hulle voel). Hy kom al later slaap, spandeer ure op die rekenaar – die kleurskerm weggedraai van die deur. Of dalk was dit die video of hoop tydskrifte wat jy vind, diep weggebêre. Pornografie. En dalk meer as net kaal vrouens, goed wat jy nog nie eers verbeel het moontlik kan wees nie. Hoe lank hou dit al aan, die skelm loerdery? En hoekom? Soos met enige verslawing he
Tjaart van der Walt
Sep 162 min read


Finansieel Onverantwoordelik
In sekere gevalle is dit net een ondeurdagte of impulsiewe besluit wat kan lei tot finansiëlebverknorsing. Die enjin van ‘n tweedehandse motor wat na drie maande die gees gee, of ‘n huiskoop transaksie wat deur die mat val. Genoemde situasies kan baie keer verstaan word en indien dit soos ‘n verlies hanteer word, kan baie daaruit geleer word. Maar wat dikwels gebeur is dat skuldmakerigheid oor ‘n lang tydperk erger en erger proporsies aanneem. Of dit nou die aankoop van elekt
Tjaart van der Walt
Sep 152 min read


Respekloos
Wanneer ‘n huweliksmaat begin om respekloos op te tree, kan dit jou onkant betrap. Uit die bloute kom ‘n “Jissis” en jy reken dat jy seer sekerlik verkeerd gehoor het. Of in ‘n huis waar ouers en skoonouers as ma en pa aangespreek word, sluip ‘n jy en jou in of selfs “die bitch”. ‘n Telefoon word in jou oor neergesit sonder dat die gesprek afgehandel is of daar word net eenvoudig nie geluister as jy praat nie (of erger, die luister was net voorgee). Kinders word as misgewas o
Tjaart van der Walt
Sep 142 min read


Opponerend en Dwars
‘n Eggenoot raak dwarstrekkerig, het altyd ‘n teen-antwoord en is opstandig. Die rol wat hy of sy voorheen gespeel het en die optredes wat voorheen voorspelbaar was, het skielik met 180° geswaai. Die gedienstige en gedweë Marthatjie word skielik eiewillig, opponerend en uitdagend. Dit kan gebeur in die privaatheid van die egpaar se huis, maar heel dikwels tussen vriende. Waarskynlik omdat dit as ‘n veilige opsie beskou word want die kans is skraal dat dit op ‘n geveg kan uitl
Tjaart van der Walt
Sep 122 min read


Deur Trauma
Die volgende is bydraes gelewer vir die boek ‘DEUR TRAUMA’ waarvan Maretha Maartens die samesteller was. Dit is in 2006 deur LAPA-uitgewers gepubliseer en streng beperkings is geplaas op die aantal woorde per bydrae. Bydraes is aangevra deur middel van spesifieke vrae wat daarin beantwoord moes word. Veranderings is deur die samesteller aangebring en sekere kategorieë is gekombineer. Die finale weergawe kan in die publikasie gevind word. Ek verskaf hier my oorspronklike weerg
Tjaart van der Walt
Sep 111 min read


Hoe word ek heel indien ek grootgeword het by ouer(s) wat verslaafdeswas?
Die grootste stap is om te erken dat my ouers se verslawing wel ‘n impak op my gehad het. Kinders wat so opgegroei het, gebruik altyd ontkenning as verdedigingsmeganisme. Dit is dikwels makliker om eers net te erken dat daar ‘n moontlikheid bestaan dat dit tans ‘n effek op jou kan hê. Dan eers kan jy begin om sekere gedragspatrone te herken, soos genoem in vorige bladsye, asook die effek daarvan op die mense rondom jou. Raak bewus van watter rol jy as kind gespeel het en stee
Tjaart van der Walt
Sep 83 min read
bottom of page