top of page
ARTICLES


Outoritêr en Voorskriftelik
Dit gebeur soms dat ‘n eggenoot dominerend en voorskriftelik raak en dat hierdie gedrag ‘n kort aanloop het. Maar meestal is dit ‘n gedragspatroon wat al sedert die begin van die verhouding teenwoordig was, of wat geleidelik oor jare ontwikkel het. Wanneer dit egter skielik ‘n aanvang neem, is dit dikwels in reaksie op ‘n gade se gedrag of tydens ‘n fase in die huwelik waar onsekerheid teenwoordig is, soos met ‘n werksverandering. Hierdie onsekerheid kan ‘n persoon voorskrif
Tjaart van der Walt
Sep 202 min read


Passief
Passiwiteit kan inkruip by enige aspek in ‘n huwelik, van interpersoonlike interaksie tot op beroepsgebied. Dit mag gebeur dat ‘n persoon slegs op een gebied passief begin raak, maar meestal begin hierdie handelswyse deursypel na alle aspekte van die lewe. ‘n Maat kan minder kliënte werf, probleemoplossende aksie uitstel, ophou liefde wys, heeldag net voor die televisie lê, huis- of tuinwerk agterweë laat of dalk op seksuele gebied skielik as koud oorkom. Dit is interessant d
Tjaart van der Walt
Sep 192 min read


Slordig
Die klere begin in hopies versamel: langs die bed, agter die deur, langs die wasgoedmandjie. Vuil borde en koffiebekers staan oral rond. Klere word sommer in die kas ingebondel. Dalk word die motor selde gewas of miskien bly grimering en hare kam agterweë. Die redes vir sulke gedrag? Dit kan blote luiheid wees met die fokus van energie op ander belangriker sake of die gewoond-raak aan iemand wat maar altyd agter my skoonmaak en optel. Soms is dit die totale teenpool van perfe
Tjaart van der Walt
Sep 182 min read


Roekeloos
Ongeïnhibeerde en impulsiewe gedrag raak al meer deel van my eggenoot se interaksie met die mense om hom of haar. Luide skeltaal en gevloek is aan die orde van die dag. Selfs die motor moet dit ontgeld en insidente van padwoede neem toe. En tydens rusies of selfs by ‘n braaivleis tussen vriende, raak my maat luidkeels onverantwoordelike dinge kwyt. In uiterste gevalle kan dreigemente van aanranding en moord gemaak word. Dit kan die gevolg wees van langdurige stressituasies wa
Tjaart van der Walt
Sep 172 min read


Porno-skelm
Dit is gewoonlik die man. Miskien omdat mans meer gestimuleer word deur wat hulle sien (vroue meer deur wat hulle voel). Hy kom al later slaap, spandeer ure op die rekenaar – die kleurskerm weggedraai van die deur. Of dalk was dit die video of hoop tydskrifte wat jy vind, diep weggebêre. Pornografie. En dalk meer as net kaal vrouens, goed wat jy nog nie eers verbeel het moontlik kan wees nie. Hoe lank hou dit al aan, die skelm loerdery? En hoekom? Soos met enige verslawing he
Tjaart van der Walt
Sep 162 min read


Finansieel Onverantwoordelik
In sekere gevalle is dit net een ondeurdagte of impulsiewe besluit wat kan lei tot finansiëlebverknorsing. Die enjin van ‘n tweedehandse motor wat na drie maande die gees gee, of ‘n huiskoop transaksie wat deur die mat val. Genoemde situasies kan baie keer verstaan word en indien dit soos ‘n verlies hanteer word, kan baie daaruit geleer word. Maar wat dikwels gebeur is dat skuldmakerigheid oor ‘n lang tydperk erger en erger proporsies aanneem. Of dit nou die aankoop van elekt
Tjaart van der Walt
Sep 152 min read
bottom of page